WhatsApp is van plan om verskeie aspekte van hulle app op te dateer.
Dit sluit in ‘n nuwe stemopname-funksionaliteit wat gebruikers in staat sal stel om stemopnames te onderbreek en te hervat. Die funksie sal gebruikers toelaat om na ‘n stemopname te luister, te verwyder en voort te gaan wanneer dit onderbreek word, voordat dit gestuur word.
WhatsApp ontwikkel ook ‘n nuwe funksionaliteit wat soortgelyk is aan Facebook Messenger waar jy ‘n boodskap kan “like” of “heart”.
Verder word ‘n funksie waarmee jy jou boodskappe vanaf Android na iOS kan “migreer”, ontwikkel.
WhatsApp ontwikkel ook sekuriteitsveranderinge om tweestap-verifikasie vir gebruikers meer hanteerbaar te maak.
Bronne: BusinessTech, Affluencer
Lees ook: 4 changes coming to WhatsApp



