Nelson Mandela se kleinseun, Mbuso Mandela, het ‘n oproer veroorsaak na hy hom na sosiale media gewend het en ‘n video geplaas het waarin hy sê dat hy ‘n mishandelaar (abuser) is.
In die video, wat Mbuso intussen verwyder het, kon ‘n mens hoor hoe hy sê: “Ek is ‘n vrouemishandelaar.”
In die video blyk dit of Mbuso geen spyt toon nie wanneer hy vertel dat hy sy meisie by ‘n venster gewurg het.
Die vrou wat glo met Mbuso in ‘n verhouding is, het toe ook ‘n video op sosiale media geplaas waarin sy gesê het dat Mbuso haar nié mishandel het nie.
“Ek weet nie hoekom nie,” het sy gesê. “Tydens ons bakleiery het ek vir hom gesê dat hy nooit sy reputasie sal skade aandoen nie. Ek was verkeerd, ek erken dit heeltemal.” – eNCA, News24, JacarandaFM, The Citizen
Volg FiND iT hier op Facebook.



