KYK: Rowers skiet man oor hy nie selfoon wil oorhandig

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video word op sosiale media versprei van ‘n slagoffer wat deur rowers geskiet word omdat hy weier om sy selfoon aan hulle te oorhandig.

Die video is aanvanklik deur die joernalis Yusuf Abramjee op Twitter gedeel.

“Rowers skiet slagoffer na hy weier om sy selfoon te oorhandig,” lui die twiet. “Hoek van President- en Goudstrate.”

FiND iT het by kapt. Mavela Mosondo, polisiewoordvoerder, navraag gedoen. Hy sal binnekort terugvoer gee.

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: ‘Carli, jy het brawer baklei as meeste ander’