SAWD bevestig nuwe temperatuurrekords

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Nuwe temperatuurrekord is oor die naweek opgestel met die hittegolf wat die Noord- en Wes-Kaap getref het.

Kaapstad het Saterdag temperature van 42°C aangeteken en ‘n stasie op Robertson het ‘n lesing van 45,9°C geneem.

Daar is ook ‘n nuwe rekord in die Noord-Kaap opgestel deur Alexanderbaai waar ‘n minimum temperatuur van 22.8°C aangeteken is.

Bronne: MSN, SA People

Lees ook: 93 potensiële grafte gevind by skoolterrein in Kanada