93 potensiële grafte gevind by skoolterrein in Kanada

Deel hierdie storie / Share this story

Sowat 100 “potensiële” grafte is by ‘n residensiële skoolterrein in Kanada geïdentifiseer, maande nadat die ontdekking van honderde kinderoorblyfsels by voormalige residensiële skole die land geskok het.

Sedert Mei verlede jaar is meer as 1 000 anonieme grafte naby voormalige “Indiese residensiële skole” gevind wat deur godsdienstige groepe bestuur is in ‘n poging om Indiërs te “bekeer”.

Talle ondersoeke na voormalige residensiële skole is regoor die land aan die gang, met tussen 4,000 en 6,000 kinders wat glo vermis word, volgens owerhede.

Bronne: The Star, MSN

Lees ook: SAPD kan nie beweerde ontvoering van 162 kinders ondersoek nie

Volg FiND iT hier.