Vrou kry eerste baba op 72

Vrou kry eerste baba op 72 (Foto: Chapachap)

Vrou kry eerste baba op 72 (Foto: Chapachap)

Om ‘n baba in die wêreld te verwelkom, is een van die spesiaalste ervarings wat ons as mense kan ervaar. Alhoewel dit ‘n spesiale ervaring kan wees, is dit nie altyd maklik nie.

‘n Egpaar in Indië het vir jare gesukkel om ‘n kind te kry, toe hulle uiteindelik besluit het om IVB-behandeling (in-vitro bevrugting) te ondergaan met die hoop om ‘n baba in die wêreld te kan bring.

Die vrou, Daljinder, is 72 jaar oud.

Daljinder en haar man is al vir meer as 50 jaar getroud en het deur die loop van hul huwelik menigmaal probeer om swanger te raak. Toe hulle na IVF-behandeling begin kyk het, was Daljinder eers skepties.

Sy moes haar aan verskeie toetse, ondersoeke en doktersbesoeke onderwerp om vas te stel of sy gesond genoeg is om die IVB-behandelings te kry.

Daljinder se behandeling het die egpaar 1 miljoen rupees (ongeveer R202 552) uit die sak gejaag.

“Geld maak nie vir my saak nie. Ek wou ten alle koste my eie baba hê en vandag is ek ‘n ma.”

Die egpaar se gesonde babaseuntjie, Arman, is met natuurlike geboorte die wêreld ingebring.

“Ons kan God en ons dokter nie genoeg bedank vir ons baba nie.” – Chapachap

Lees ook: Gimnas wat teen inentings gekant is, sterf aan Covid-19 na ‘gedwonge inenting’

Leave a Reply

Your email address will not be published.