Ram vir ‘n Rus – dié Rus kry haar ram

Die tyd en plek wat Ryan gekies het, het haar voete onder haar uitgeslaan.

Ram vir 'n Rus - dié Rus kry haar ram

Ram vir 'n Rus - dié Rus kry haar ram

Find-it het op 28 Desember 2021 berig oor Viktoria Seliverstova (27) wat haar geboorteland Vologda, Rusland, verruil het vir Suid-Afrika op soek na liefdeViktoria was een van agt Russiese dames wat ingeskryf het vir Via TV se gewilde en unieke realiteitsprogram, Ram vir ‘n Rus.

Viktoria het ‘n pasmaat gevind in Ryan Massie (43) en na ‘n openbare kersopsittery het Ryan besluit dat die Rus net vir hom is. Met fyn beplanning het Ryan besluit om die groot stap te neem. Hy het gevra, en Viktoria het met sterre in haar oë ja gesê.

LEES DIE VORIGE BERIG HIER
Viktoria vertel aan FiND iT dat die dag van haar verlowing “perfek” was. Alles het net mooi uitgewerk, die atmosfeer was asemrowend, ’n sonnige senutergende dag. Maar albei is gereed en loop oor van geluk.  Sy het dit verwag, want die reeks het einde se kant toe gestaan, maar die tyd en plek wat Ryan gekies het, het haar voete onder haar uitgeslaan.

Albei was op hul senuwees en hul hande het gebewe toe Ryan die pragtige ring aan haar vinger steek, maar albei is seker dat hierdie die regte stap is. 

Viktoria meen dat hul vir seker hul huwelik gaan bou op eerlikheid, respek en kommunikasie, maar die belangrikste is om nie die klein dingetjies te vergeet nie -onverwagte soene en drukkies, oggendkoffie en klein romantiese verrassings.

Gaan kyk gerus na Ryan en Viktoria se troue vanaand om 20:00 op die voorlaaste episode van Ram vir ’n Rus op Via TV.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published.