Drakenstein-water veilig om te drink, ondanks boodskap oor ‘diarree’

“Die Drakenstein-munisipaliteit kan ons inwoners verseker ons kraanwater is veilig om te drink en hoef nie vooraf gekook te word nie.”

Drakenstein-water veilig om te drink, ondanks boodskap oor 'diarree'

Drakenstein-water veilig om te drink, ondanks boodskap oor 'diarree'

‘n Boodskap wat op sosiale media rondgestuur word wat sê dat inwoners in die Paarl-omgewing kan siek raak as hulle nie hul water voor hul dit drink, kook nie, is onwaar, sê die Drakenstein-munisipaliteit.

Die Drakenstein-munisipaliteit het ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê hy is bewus van die fopnuus wat op sosiale media versprei word.

Dit volg ná ‘n verklaring van die Kaapstad-metro dat daar regoor Suid-Afrika ‘n tekort aan chloorgas is, wat gebruik word om drinkwater te behandel.

“Die Drakenstein-munisipaliteit kan ons inwoners verseker ons kraanwater is veilig om te drink en hoef nie vooraf gekook te word nie,” lui die Drakenstein-munisipaliteit se verklaring.

“Die munisipaliteit gebruik tans chloorgas-plaasvervangers om die tekort aan chloorgas te oorkom. Ons kan verseker dat ons watertoevoer aan die minimumvereistes van die SANS241 voldoen.”

Sommige inwoners het moontlik ‘n grondsmaak in die kraanwater geproe, lui die verklaring. Dit is weens geosmin, ‘n natuurlike organiese verbinding wat in die water voorkom, en ook die rede is vir die grondsmaak in beet en die reuk wanneer dit ná ‘n lang droogte reën.

Die munisipaliteit sê geosmin hou geen risiko’s in vir inwoners wat die water drink nie en dus is die water veilig om te drink.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Man se liggaam dryf vir dae in swembad na gesin gaan swem

Leave a Reply

Your email address will not be published.