Vrou kritiek beseer toe honde haar aanval

Die plaaslike owerhede en Potchefstroom-dierewelsyn was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Vrou kritiek beseer toe honde haar aanval

Vrou kritiek beseer toe honde haar aanval

’n Vrou (47) is vanoggend kritiek beseer toe drie honde haar by ’n koshuis in Miederpark, Potchefstroom, aangeval het.

ER24-paramedici het by ’n huis opgedaag en ’n vrou in die huis by die voordeur kry lê.

Die vrou is deur paramedici ondersoek en daar is bevind dat sy in ’n kritieke toestand is. Sy het talle bytwonde oor die grootste deel van haar liggaam gehad.  

Vrou kritiek in hospitaal

Die vrou is behandel en van gevorderde lewensondersteunende intervensies voorsien voordat sy na ’n nabygeleë hospitaal vir dringende sorg vervoer is.

Na verneem word, het die buurman ’n vrou hoor skree en oor die heining gespring om te help. Die honde het glo probeer om die man ook aan te val. Omstanders op die toneel het verduidelik dat die man op die honde geskiet het toe hulle hom probeer aanval het.

Die plaaslike owerhede en Potchefstroom-dierewelsyn was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published.