Professor Shabir Madhi, van Wits-universiteit, glo dat die wetlike vereiste om ‘n masker in die openbaar te dra, onnodig geword het.
Madhi, ‘n Covid-19-kenner, wat ook vra vir ‘n einde aan alle inperkingsmaatreëls, is oortuig daarvan dat die lapmaskers wat deur die meerderheid van die bevolking gedra word, “feitlik niks” doen om die verspreiding van die virus te voorkom nie.
Madhi het gesê infeksiekoerse in Suid-Afrika is nie tot die minimum beperk deur die gebruik van maskers nie en daarom moet enige vereiste om maskers verpligtend te maak “heroorweeg word”.
Bronne: The World News, MSN
Lees ook: ‘Mask wearing now obsolete’, says leading SA virologist
Volg FiND iT hier.



