Ma doodgeslaan ná sy dogter se kêrel na bewering verwurg
Na die beweerde moord het ‘n woedende groep mense by die huis opgedaag waar die beweerde moord plaasgevind het en glo die ma aangerand voordat hulle die huis afgebrand het.

Ma doodgeslaan ná sy dogter se kêrel na bewering verwurg foto: MSN
Nege verdagtes in Limpopo is oor die naweek vir ‘n beweerde moord en wraakmoord in Gilead in hegtenis geneem. Daar word beweer ‘n 52-jarige ma en haar dogter het op 22 Januarie die dogter se kêrel vermoor.
Na die beweerde moord het ‘n woedende groep mense by die huis opgedaag waar die insident vermoedelik plaasgevind het en die ma is aangerand voordat die huis afgebrand is.
Dit word beweer die kêrel het vir sy meisie gaan kuier, maar hulle het in ‘n argument betrokke geraak. Die ma het blykbaar probeer keer en toe verwurg sy en haar dogter na bewering die kêrel. ‘n Groep woedende mense het daarna opgedaag en die ma glo doodgeslaan terwyl haar kinders gevlug het.
Bronne: MSN, The Citizen
Lees ook: SANW sê geen verband tussen Waterkloof, parlementbrande
Volg FiND iT hier.