Wes-Kaapse LUR vir veiligheid, Albert Fritz, geskors

Deel hierdie storie / Share this story

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het Sondagaand die onmiddellike skorsing van Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, aangekondig.

Winde het gesê ernstige aantygings is teen die LUR gemaak oor sy optrede in die week.

“Ek het die [LUR] ontbied en hom van hierdie bewerings ingelig, asook my besluit om hom met onmiddellike effek te skors, wat hy aanvaar het,” het die premier gesê.

Besonderhede is nog nie bekendgemaak nie, maar ‘n volledige ondersoek na die saak is van stapel gestuur. Winde het gesê Fritz het sy samewerking aangebied.

Bronne: MSN, IOL

Lees ook: Druk neem toe om ramptoestand te beëindig

Volg FiND iT hier.