Daar was moontlik nog ‘n politieke moord in KwaZulu-Natal nadat dit aan die lig gekom het dat die wyksraadslid Minenhle Mkhize Saterdag buite sy huis doodgeskiet is.
Daar is berig dat die raadslid deur gewapende mans ingewag is nadat hy van ‘n sokkerwedstryd teruggekeer het huis toe.
“Om ‘n raadslid te wees, word nou ‘n moeilike werk. Ons leef nou onder vrees, ons word aangeval, ons ontvang keer op keer doodsdreigemente,” het Thabani Nyawose, speaker van die eThekwini-munisipaliteit, gesê.
Bronne: MSN, The World News
Lees ook: Regering besluit oor ramptoestand – Ramaphosa
Volg FiND iT hier.



