SA se ‘eintlike’ slaagsyfer 51%, sê DA

Deel hierdie storie / Share this story

Die slaagsyfer vir matrieks wat me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, aangekondig het, reflekteer nie die realiteit nie.

So sê die Demokratiese Alliansie (DA) oor die slaagsyfer van 76,4% wat deur minister Motshekga aangekondig is.

Die DA sê die departement het die leerlinge wat die skool tussen graad 10 en matriek verlaat het, nie ingesluit nie en dat die eintlike slaagsyfer 51,4% is.

“Ons weet dat 897 163 leerlinge die eksamen geskryf het, maar dat die graad 10-inskrywings in 2019 in totaal 1 045 424 was. Dit beteken dat ten minste 148 261 skool verlaat het en nié hulle matriekjaar voltooi het nie.

Die DA sê hy glo dit is as gevolg van streng inperkingsregulasies wat deur die departement geïmplementeer is. Om hierdie redes stel die DA nou hofstukke saam om ‘n dringende interdik te bring om skole te beveel om ten volle oop te maak.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Gemeenskap soek saam na vermiste Silvia