Vrou sedert 7 Januarie vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die 23-jarige Leandri van Rensburg is sedert 7 Januarie vermis na sy glo ‘n rygeleentheid saam met ‘n man gekry het.

Haar peetma, Lizelle Luüs, vertel Leandri is die Vrydag deur ‘n vreemde man opgetel. “Die man is intussen geïdentifiseer.”

Leandri het glo aan haar familie gesê dat die man haar na Green Bushes in Gqeberha (Port Elizabeth) gaan neem.

“Haar peetpa het die laaste keer met haar gepraat. Hy kon hoor dat sy in ‘n motor saam met ‘n klomp mans was. Sy het benoud geklink. Hy het gevra of sy kon praat, en sy het gesê nee. Sy sou hom later terugbel, maar haar foon is sedertdien nog af.”

Lizelle sê hulle het nog nie ‘n saaknommer nie, maar dat hulle wel met speurders van die polisie in kontak was.

Indien jy enige inligting het rondom Leandri se verdwyning, kontak Lizelle by 072 825 8456.