Die Suid-Afrikaanse veteraanakteur Patrick Shai is oorlede.
Shai se familie het bevestig Shai is Saterdagoggend oorlede, maar dat inligting rondom sy dood nog bekendgemaak moet word.
Die bekroonde akteur het oor ‘n tydperk van 30 jaar in verskeie verhoogstukke gespeel en ook in films en televisiereekse soos 7de Laan, en meer onlangs The River.
Shai was dié week in die nuus toe hy die kletsrymer Cassper Nyovest in ‘n video tot ‘n boksgeveg uitgedaag het.
Die video is op sosiale media versprei en in die video sê Shai dat hy Cassper wil “bliksem”.
Shai het net vier dae gelede nog ‘n verskoning uitgereik oor die video en gesê dat hy spyt is oor die manier waarop hy die uitdaging benader het en die woorde wat hy gebruik het.
“My bedoeling agter die video was om op die end ‘n publieke boksgeveg tot gevolg te hê om op dié manier bewusmaking teen geslagsgeweld te skep. Hiermee vra ek om verskoning aan Cassper, sy familie, sy ma en die hele Suid-Afrika. Die video sal van my sosialemediaplatforms verwyder word.”
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Model wat met haarself trou, skei drie maande later



