‘n Matrikulant van 2021 is vroeg Vrydagoggend geskiet terwyl hy saam met vriende by ‘n vulstasie gewag het om sy matriekuitslae te kry.
Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê die polisie het omstreeks 02:30 reageer op ‘n oproep van ‘n skietery by ‘n vulstasie in Alexandrastraat in Pietermaritzburg.
“Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die 21-jarige se liggaam op die grond sien lê met ‘n skietwond aan sy regterarm en kop.”
Mbhele sê daar word vermoed die leerlinge was daar om koerante te koop om hulle matriekuitslae te ontvang, toe vyf gewapende mans hulle skielik genader het.
Een van die mans het die oorledene glo probeer beroof, en toe hy geweier het om sy selfoon vir hulle te gee, is hy geskiet.
‘n Moordsaak word nou deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Hoërskool Noord-Kaap spog met matriekuitslae
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



