Wêreld se eerste twee varkniere in man oorgeplant

Deel hierdie storie / Share this story

Twee varkniere is die eerste keer ooit tydens ’n operasie in ’n man (57) oorgeplant.

Die varkniere het volgens wetenskaplikes vir meer as drie dae tydens ’n eksperiment in ’n breindood pasiënt se liggaam gewerk.

Die man, Jim Parsons, was reeds aan kunsmatige lewensondersteuning gekoppel en was ’n geregistreerde orgaanskenker. Parsons se familie het tot die eksperiment ingestem.  

Chirurge sê binne ’n dekade kan ander varkorgane soos harte, longe en lewers aan mense gegee word wat oorplantings benodig.

Parsons is aan ’n ventilator gekoppel om sy liggaam te laat funksioneer. Sy niere is verwyder en met die vark s’n vervang.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.