Van Zyl’s slaghuis is altyd hier vir jou!

Deel hierdie storie / Share this story

Van Zyl’s slaghuis word al vir sowat drie dekades deur die gemeenskap vertrou vir goeie gehalte vleis. Dit is omdat klante vir dié slaghuis soos vriende is.

Van Zyl’s is alom bekend vir hulle uitstekende kwaliteit vleis en goeie kliëntediens.

Gielie van Zyl, die eienaar van Van Zyl’s, sê hulle sien hulleself nog altyd as ’n besigheid wat deel is van die gemeenskap.

“Ons sien ons kliënte as vriende en streef altyd daarna om ’n produk te lewer wat almal om die braaivleisvuur of aan tafel te laat glimlag.”

Van Zyl’s het presies 27 jaar gelede sy deure vir die eerste keer oopgemaak en sien uit daarna om vir nog meer as 27 jaar goeie diens en goeie produkte te lewer.

Besoek gerus vandag vir Gielie en sy uitmuntende span by Van Zyl’s.

Gielie van Zyl