Snikwarm weer vir die Paarl die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

Inwoners van die Paarl en omstreke moet die naweek gereedmaak om die bloedige hitte te trotseer met temperature wat die hoogte in sal skiet.

Volgens Weather Avenue sal dit Saterdag 42°C en Sondag 41°C in die Paarl wees.

Hier is ’n paar wenke oor hoe om na jouself om te sien in die hitte:

  • Drink meer water as gewoonlik en moenie wag totdat jy dors is nie.
  • Vermy alkohol en soet drankies.
  • Neem ‘n koel stort of bad.
  • Gebruik lugversorging of ‘n waaier.
  • Moenie ‘n waaier gebruik om net warm lug op jouself te blaas nie, gebruik dit om kruisventilasie te skep.
  • Dra liggewig en los klere.
  • Vermy die gebruik van jou stoof of oond.
  • Bly uit die son uit.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.