Ulrich le Roux van die Hoër Jongenskool Paarl in die Wes-Kaap is die toppresteerder in die land.

Le Roux, wat Afrikaans Huistaal, English Home Language, Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe, Inligtingstegnologie en Lewensoriëntering as vakke gehad het, het ‘n eerste plek in die NSS-eksamen van 2021 behaal.
Die Hoër Jongenskool Paarl het Le Roux intussen op Facebook gelukgewens met sy prestasies.
“Die HJS-familie is ONGELOOFLIK trots op Ulrich le Roux se besonderse prestasie! Jy verdien elke prys wat na jou kant toe kom! Welgedaan!”
Die drie toppresteerders kom al drie uit die Wes-Kaap – Ulrich le Roux, Simone Wessels van Hoërskool Stellenberg en Ahyoung Moon van Rhenish Girls’ High School in Stellenbosch.
Me Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdagmiddag in Aucklandpark in Johannesburg die toppresteerders van matriek 2021 bekendgemaak.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



