Samsung het ‘n advertensie teruggetrek wat ‘n Moslem-ma wys wat ondersteuning vir haar seun wat ‘n fopdosser (drag queen) is, uitspreek nadat hulle klagtes ontvang het van sommige lede van die Moslem-gemeenskap.
Samsung het Woensdag in ‘n Facebook-plasing gesê hulle is bewus daarvan dat die video, wat deel was van die Suid-Koreaanse maatskappy se Listen to your heart-veldtog, as” onsensitief en aanstootlik beskou kan word”.
Die advertensie was veronderstel om Samsung se nuwe drabare produkte, soos die koordlose oorfone en ‘n slim horlosie met ‘n hartklopmonitor, te adverteer.
Samsung het talle mense afgeneem terwyl hulle na boodskappe van hulle geliefdes luister. Twee van die mense wat afgeneem is, was ‘n Moslem-ma en haar seun, wat ‘n fopdosser (drag queen), is.
Klagtes het veral van die Moslem-gemeenskap in Singapore gekom dat die video aanstootlik is. Samsung het dit verwyder en ‘n verskoning uitgereik.
Bronne: BBC, Yahoo
Lees ook: Lindiwe Sisulu ontken dat sy om verskoning gevra het
Volg FiND iT hier.



