Groot soektog na ma van twee wie se motor verlate gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

Die 45-jarige Sylvia Wittal, ma van twee kinders van Port Elizabeth, is sedert 30 Desember vermis.

Bernadine du Toit van Missing She Wrote het aan FiND iT bevestig daar is nog geen nuus in verband met Wittal nie.

Wittal het glo nog op 30 Desember reëlings met haar eks-man, Kevin Crause, oor hulle twee kinders getref. Sy het glo vir Crause gesê dat sy na ‘n Oujaarsaandbyeenkoms op pad was, maar sy het nooit daar opgedaag nie.

Haar motor is later verlate in Schoenmakerskop gevind. Sy het haar selfoon by die huis gelos.

Bernadine du Toit van Missing She Wrote sê daar word Saterdag ‘n reuse soektog na Sylvia geloods.

Die polisie is intussen ook op soek na Wittal en doen ‘n beroep op die gemeenskap om met enige inligting oor waar sy kan wees, na vore te kom.

Indien jy enige inligting het of die polisie in hul soektog kan ondersteun, kontak konst. Johannes Meyer by 073 688 9595.

Volg FiND iT hier op Facebook.