Airbnb gee ‘n jaar gratis verblyf in Italië

Deel hierdie storie / Share this story

Airbnb soek iemand om vir ’n jaar gratis in Sambuca, Italië te gaan woon. Daar is egter ’n paar vereistes waaraan jy moet voldoen.

Die huis is nuut oorgedoen, maar een van die groot vereistes is dat jy ten minste een kamer in die huis op Airbnb moet uitverhuur. Die inkomste daaruit mag jy vir jouself hou.

Suid-Afrikaners kan ook nou in aanmerking kom om aansoek vir hierdie geleentheid te doen.

Die gratis akkommodasie is deel van ’n skema om inwoners te lok na plekke wat negatief deur verstedeliking geraak is.

Jy moet 18 wees en ordentlike Engels praat, al hoef jy nie Italiaans te kan praat nie. Om die taal te leer, sal deel van jou verblyfreg wees. Jou paspoort moet ten minste tot die einde van die jaar geldig wees.

Jy sal nie later nie as 30 Junie na Sambuca moet vertrek en ten minste drie maande in een aaneen tydperk daar moet bly. Daarna kan jy iemand anders kry om die huis vir jou te bestuur, solank jy ten minste een kamer vir minstens nege maande via Airbnb verhuur.

Die suksesvolle aansoeker kan nog ’n volwassene saamneem, en ’n maksimum van twee kinders, alhoewel daar net twee slaapkamers is (waarvan een verhuur moet word). Daar is ook ’n leefruimte op die derde verdieping met ’n koningingrootte slaapbank.

Airbnb sal vir vlugte en lughawe-oordragte betaal, asook vir vier kooklesse met ’n plaaslike persoon, maar vir geen ander uitgawes nie. Dit kan egter verhaal word as jy genoeg geld maak om ’n deel van die huis uit te verhuur.

Jy kan hier aansoek doen.

Volg FiNd iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.