Gert van Rooyen se stiefseun gevonnis na hy lol met 12-jarige meisie

Deel hierdie storie / Share this story

Gert van Rooyen, die vermeende pedofiel, se stiefseun Braam Haarhoff is Woensdag in ’n New Zealandse hof tot 13 jaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan seksuele misdrywe met ’n 12-jarige meisie.

Die beweerde misdade het in Januarie 2018 en Julie 2018 plaasgevind. Haarhoff, seun van Joey Haarhoff, was 48 ten tye van die oortredings, beweer die klaer wat die saak aanhandig gemaak het.

Luidens die webtuiste, Stuff NZ, sluit die klagtes onder meer in verkragting, onsedelike aanranding en poging tot verkragting.

Die klaer het aan die hof voorgehou dat sy onder meer verkrag is, swanger geraak het en toe die baba verloor het.

Die saak, wat drie jaar geduur het, was in kamera en uitspraak is Woensdag gelewer.

Haarhoff is een van Joey se vier kinders. Sy was die lewensmaat van Gert van Rooyen, die vermeende pedofiel, wat verbind was met die ontvoering en verdwyning van ses meisies jare terug. Dié meisies, Tracey-Lee Scott-Crossley, Fiona Harvey, Joan Horn, Janet Delport en Odette Boucher, is steeds vermis.

Van Rooyen het Haarhof in 1990 met ’n .22 rewolver in die kop geskiet, voordat hy selfdood met ’n .357 rewolver gepleeg het.