Dertien beseer toe China-mall in Durban vlamvat

Deel hierdie storie / Share this story

Kort na 10:00 Vrydagoggend het Emer-G-Med reageer op ‘n oproep van ‘n brand wat by ‘n winkelsentrum in Durban uitgebreek het.

Die winkelsentrum is op die hoek van Anton Lembede- en Brookstrate in die middestad.

Verslae van die toneel dui volgens Emer-G-Med daarop dat ‘n brand op een van die vloere uitgebreek het. Reddingsdienste, die metropolisie en die SAPD se soek-en-reddingspan moes hoë lere gebruik om persone te red.

Dertien mense is behandel vir ligte tot ernstige beserings en sommiges is na hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Vrou ry dwarsdeur motorhandelaar se venster