Mangaung-wateronderbrekings aan ‘tekort aan chloor’ toegeskryf

Deel hierdie storie / Share this story

Die Mangaung-metro het Woensdag gesê die wateronderbrekings en -uitdagings wat die munisipaliteit tans in die gesig staar, is as gevolg van die feit dat chloor nie aan hulle verskaf is nie.

Die Metro het in ‘n verklaring bekendgemaak die wateronderbrekings in verskeie dele van die metro word beïnvloed deur die chloorverskaffer, NCP Chlorchem, wat nie chloor verskaf het nie.

“Die huidige status van watertoevoer in die stad word as gevolg hiervan geweldig geaffekteer,” lui die verklaring. “Die situasie is buite ons beheer en die saak is aan die departement van water en sanitasie oorhandig.”

Verder versoek die metro lede van die gemeenskap om water spaarsamig te gebruik.

  1. Moenie jou tuin natmaak nie.
  2. Moenie jou kar was nie.
  3. Moenie te lank stort nie.
  4. Draai die kraan toe as jy skeer of jou tande borsel.
  5. Moenie die bad te vol tap nie.
  6. Skakel jou outomatiese spreiers af.

“Ons sal die gemeenskap ingelig hou oor die stand van sake.”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Klik hier vir die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.