’n Vrou het onthul hoe sy die dag ná hul troue met haar man uitgemaak het omdat hy haar een versoek geïgnoreer het en haar aan die agterkop gegryp het om haar gesig in hul koek te druk.
Die vrou het in die Amerikaanse tydskrif Slate se adviesrubriek Dear Prudence, onder die naam Give Him Til February, geskryf en verduidelik hoe sy net voor Kersfees getrou het, maar nou hoop om ‘n egskeiding of nietigverklaring voor die einde van Januarie te kry weens haar man se disrespek.
Hoe sal jy daaroor voel? Praat saam op ons Facebookblad.



