Verwarring oor beweerde ontvoering van 162 skoolkinders van NW-skoolkoshuis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Noordwes probeer die bisarre tydlyn van gebeure wat Dinsdagaand by die Sekondêre Skool Tirelong ontvou het, saamstel.

Die onderwysdepartement het gesê dat dit verslae ondersoek dat 162 kinders uit hul skoolkoshuis ontvoer is deur ‘n groep dronk mense wat voorgegee het om ouers te wees.

Volgens inligting wat hulle ontvang het, het ‘n groep dronk mense by die koshuis opgedaag en probeer voorgee dat hulle die ouers van die kinders is. Sekuriteitswagte het hulle glo gekeer, maar in inligting aan die department is dit beweer dat hulle die kinders gekry het.

Die polisie se Adele Myburgh het gesê dat die skoolhoof ‘n saak van kwaadwillige beskadiging van eiendom geopen het, maar geen ouer het ‘n saak van ontvoering gemaak soos deur die skool geëis word nie.

Bronne: EWN, Sowetan LIVE

Lees ook: Ghislaine Maxwell soek herverhoor in seksmisbruiksaak

Volg FiND iT hier.