‘n Mosie van geen vertroue het die burgemeester van Kannaland, wat skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n 15-jarige, sy posisie gekos.
Jeffrey Donson en sy adjunk, Werner Meshoe, is hulle posisies kwyt nadat die mosie van wantroue geslaag het.
In 2008 is Donson skuldig bevind aan die verkragting van ‘n 15-jarige meisie tydens sy termyn as burgemeester.
Sy vonnis van vyf jaar is later verminder tot ‘n opgeskorte tronkstraf, korrektiewe toesig, ‘n boete van R20 000 en rehabilitasie vir seksoortreders.
Bronne: MSN, IOL
Lees ook: Ghislaine Maxwell soek herverhoor in seksmisbruiksaak



