Tsjeggiese sanger sterf ná sy opsetlik Covid kry

Deel hierdie storie / Share this story

Hana Horka, ‘n sanger van die Tsjeggiese Reubliek, is oorlede nadat sy opsetlik Covid gekry het. Haar seun het verduidelik dat terwyl hy en sy pa die inenting gekry het, het sy ma nie.

Toe hulle Covid gehad het, het sy opsetlik naby hulle gebly sodat sy dit ook kon kry. Volgens hom wou sy Covid hê om meer rond te kan beweeg, want in die Tsjeggiese Reubliek moet jy kan wys dat jy ingeënt is of onlangs Covid gehad het om na kuierplekke en flieks toe te kan gaan.

Twee dae voor haar dood het sy op sosiale media geskryf dat sy herstel het: “Nou sal daar teater, sauna, ‘n konsert wees”.

Die Sondag wat sy oorlede is, het sy ‘n entjie gestap, maar haar rug het seer geraak, dus het sy gaan lê.

“Na ongeveer 10 minute was dit alles verby,” het haar seun gesê. “Sy het doodgegaan.”

Bronne: London Evening, BBC

Lees ook: Druk neem toe om ramptoestand te beëindig

Volg FiND iT hier.