Tien DR Kongo-gevangenes gevonnis vir massaverkragtings in tronk

Deel hierdie storie / Share this story

Tien gevangenes is skuldig bevind aan die verkragtings van tientalle vroulike gevangenes tydens ‘n gewelddadige oproer by ‘n oorvol tronk in die Demokratiese Republiek van die Kongo in 2020.

37 vrouens en ‘n tienermeisie het getuig oor hoe hulle herhaaldelik verkrag is tydens die oproer. Sommige van die vroue het swanger geword en seksueel oordraagbare infeksies opgedoen, insluitend MIV.

Die mans is beboet en het 15 jaar by hulle tronkstraf gekry om uit te dien.

Omtrent 20 gevangenes en ‘n tronkbewaarder is na bewering tydens die onluste dood voordat veiligheidsmagte weer beheer oorgeneem het.

Bronne: BBC, Yahoo

Lees ook: Veroordeelde kinderverkragter uit die kussings gelig deur mosie van wantroue