Ma van twee sedert 30 Desember vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die 45-jarige Sylvia Wittal en ma van twee kinders van Port Elizabeth is sedert 30 Desember vermis.

Wittal het reëlings gemaak met haar eksman, Kevin Crause, oor hulle twee kinders. Sy het glo vir Crause gesê dat sy na ‘n Oujaarsaandbyeenkoms op pad was, maar sy het nooit daar opgedaag nie.

Haar motor is later verlate in Schoenmakerskop gevind. Sy het haar selfoon by die huis gelos.

Crause het Wittal op 2 Januarie as vermis aangemeld. Hy het glo op 30 Desember vir ‘n laaste keer met haar gepraat en intussen nog niks van haar gehoor nie.

Bernadine du Toit van Missing She Wrote sê dat daar Saterdag ‘n reuse soektog na Sylvia geloods word.

Die polisie is intussen ook op soek na haar en doen ‘n beroep op die gemeenskap om met enige inligting oor waar sy kan wees, na vore te kom.

Indien jy enige inligting het of die polisie in hul soektog kan ondersteun, kontak konst. Johannes Meyer by 073 688 9595.

Lees ook: Gesin se nagmerrie toe man voor motor inspring

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.