As blok Tonga aanloopbaan van lugverligting

Deel hierdie storie / Share this story

Nieu-Seeland stuur lugverligting om Tonga te help, maar as op die hoofstad se hooflughawe-aanloopbaan verhoed dat enige vliegtuie kan land. Dit sal ook ‘n paar dae wees voordat militêre skepe met voorraad die eilande bereik.

Vrese vir ‘n moontlike humanitêre krisis op Tonga groei ná die vulkaanuitbarsting Saterdag wat ‘n tsoenami veroorsaak het en ‘n ondersese kabel afgesny het wat die land van die buitewêreld afgesny het.

Nieu-Seeland en Australië het toesigvlugte gedoen om die skade te bepaal. Minstens een persoon is dood, terwyl die aantal beseerdes nog onbekend is.

Drie sterftes is aangemeld, maar was onbevestig. Dit is ook onduidelik of die getal die een bevestigde sterfgeval van ‘n Britse burger insluit, wat gesterf het toe sy weggespoel is terwyl sy haar honde probeer red het.

Bronne: BBC, FBC News

Lees ook: Petrolprys en ander stygings te wagte in Suid-Afrika