Christopher (Stoffie) Graham Watson (34), wat na bewering sy eks-meisie vermoor het, het weer vandag in die Secunda-landdroshof verskyn.
Watson is nie gevra om te pleit nie.
Angie Angelique Fourie is na bewering op 7 November 2021 in haar woonstel vermoor.

Angelique Fourie
Photo: Facebook
Fourie se buurman, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het gesien haar woonstel brand en het gaan ondersoek instel.
Fourie se pa, Awie Fourie, het aan FiND iT vertel die buurman het haar lewelose liggaam op die vloer gekry met ‘n steekwond in haar nek, asook merke op haar lyf.
Watson en Fourie het ‘n tweejarige dogtertjie saam.
Volgens Mike Bolhuis, privaat ondersoeker het die paartjie in ‘n bakleiery betrokke geraak by die Legends Sport Bar op Trichardt waarna dit toe later by haar huis in die Terra Nova-komplek gewelddagig geraakhet.
“Die woonstel is in ‘n poging om bewyse uit te wis, aan die brand gesteek.”
Nadat Watson hul tweejarige dogtertjie op 7 November ongeveer 23:30 by sy suster op Secunda afgelaai het, is ’n landwye soektog van stapel gestuur, omdat niemand hom in die hande kon kry nie.
Watson het op 9 November by die polisiekantoor aangemeld en homself vir ondervraging beskikbaar gestel.
Hy is sedertdien in aanhouding.
Mnr. Rasool het hom as Watson se regsverteenwoordiger onttrek en mnr. Steyn sal Watson nou tydens die verhoor verteenwoordig.
Die saak is tot 22 Februarie 2022 uitgestel.



