Die Australiese eerste minister het gesê Novak Djokovic kan vroeër as wat verwag word na Australië terugkeer ná sy deportasie.
Novak Djokovic is Sondag gedeporteer nadat hy ‘n visumstryd verloor het wat gesentreer het om die feit dat hy nie ingeënt is nie. Ingevolge die Australiese immigrasiewette kan Djokovic vir drie jaar nie weer ‘n visum toegestaan word nie.
Maar eerste minister Scott Morrison het gesê hy kan toegelaat word om vroeër onder die “regte omstandighede” toegelaat word. Die verbod strek oor ‘n tydperk van drie jaar, maar daar is die geleentheid vir hulle om terug te keer onder die regte omstandighede en dit sal destyds oorweeg word,” het hy Maandag in ‘n onderhoud gesê.
Australiese wetgewing maak wel voorsiening vir dwingende of menslikheidsredes vir die driejaarvisumverbod om kwytgeskeld te kan word. Dit sal Djokovic moontlik toelaat om volgende jaar aan die Australiese Ope-toernooi deel te neem.
Vanjaar se toernooi, wat oorskadu is deur Djokovic se visumprobleme, het Maandag in Melbourne begin.
Bronne: BBC, ESPN
Volg FiND iT hier.



