Die Demokratiese Alliansie (DA) is bekommerd oor die gehalte van die water wat deur inwoners van Sol Plaatje ontvang word en ons het ‘n beroep op die departement van water en sanitasie (DWS) gedoen om ondersoek in te stel.
Talle inwoners kla al vir ‘n paar weke dat hulle kan sien die water wat uit hul krane kom, is vuil. Terwyl dit aanvanklik toegeskryf is aan die impak van die oorstroming van die Vaal, dui ons eie ondersoeke op ‘n groter probleem.
Tydens ‘n oorsiginspeksie Donderdag verlede week, deur myself en DA-raadslid Peet Louw aan die Riverton-watersuiweringsaanleg, het ons gevind dat hoewel die water uiters hoë vlakke van turbulensie ervaar, verlaat skynbaar helder water die Riverton-aanleg na verskeie gebiede van Kimberley. Sien foto’s hier, hier en hier.
Dit alleen spreek nie kommer ten opsigte van watergehalte aan nie, en sluit ook nie kommer uit dat daar vir ‘n sekere tydperk gedurende die feestyd moontlik nalatigheid was ten opsigte van gereelde watertoetsing en chemiese behandeling by Riverton nie. Dit gee egter ‘n aanduiding dat die huidige probleem moontlik langs die verspreidingspypleidings na sommige gebiede lê, wat beskadig is of waarvoor herstelwerk gedoen is en skuurkleppe of brandkrane nie behoorlik gedreineer is nie, of by onderskeie reservoirs.
Dìt het Vrydag gelei tot ‘n verdere toesiginspeksie aan die Newton-reservoir. Terwyl ek daar bevind het dat die water by die 102 megaliter-reservoir helder was, het ek ontdek dat twee van die vier reservoirs meer as 14 jaar gelede laas skoongemaak is. Dit is in teenstelling met standaard bedryfsprosedures wat vereis dat reservoirs jaarliks skoongemaak word.
Kimberley se watersituasie is kommerwekkend, veral omdat die presiese bron en omvang van die huidige waterbesoedeling nie bepaal kan word nie.
Die DA het die DWS gevra om ondersoek in te stel na die gehalte van Sol Plaatje se water wat aan inwoners vir die afgelope twee maande verskaf word, asook die nie-nakoming van standaard bedryfsprosedures ten opsigte van die bestuur van water.
Ek het verlede week ook aan die tegniese hoof by Sol Plaatje geskryf met ‘n aantal vrae oor die watersituasie.
Terwyl ek wag vir ‘n reaksie, sal ek voortgaan met my eie ondersoeke en druk op Sol Plaatje plaas om die hele waterstelsel dringend te assesseer om vas te stel waar huidige waterbesoedeling plaasvind.
Ockert Fourie, Rdl.
*PERSVERKLARING

DA vra ondersoek na Sol Plaatje se watergehalte 
DA vra ondersoek na Sol Plaatje se watergehalte 
DA vra ondersoek na Sol Plaatje se watergehalte
Lees ook: Petrolprys en ander stygings te wagte in Suid-Afrika
Volg FiND iT hier.



