Novak Djokovic: Australië gaan tennisster nou aanhou nadat visum weer gekanselleer is

Deel hierdie storie / Share this story

Novak Djokovic sal Saterdag aangehou word nadat Australië sy visum vir ‘n tweede keer gekanselleer het.

Die minister van immigrasie, Alex Hawke, het gesê hy het sy mag uitgeoefen om die visum wat Djokovic het, weer te kanselleer.

Die kansellasie van sy visum is gedoen in “openbare belang” en op grond van “gesondheid en goeie orde”.

Australië laat niemand in die land toe wat nie ingeënt is teen Covid-19 nie. Djokovic het voorheen aangevoer hy het reeds Covid gehad en dit is sy reg om oor sy eie liggaam te besluit.

Die nommer een manstennisspeler sou Maandag in die Australiese Ope in Melbourne speel en sou hy wen, sou dit sy 21ste Grand Slam wees.

Djokovic se regspan sal vandag die besluit teenstaan.