Heidi Klum stel sexy liedjie saam met Snoop Dogg vry

Foto: Skermgreep uit die liedjie "Chai Tea with Heidi" (Instagram: Heidi Klum)

Heidi Klum het met Snoop Dogg saamgewerk aan ‘n liedjie genaamd Chai Tea with Heidi.

Klum het na 16 jaar teruggekeer na die musiekwêreld deur saam met Snoop Dogg aan ‘n nuwe dans-enkelsnit te werk. Dié snit is nou bekendgestel.

Die snit se naam is Chai Tea with Heidi en die 48-jarige aanbieder van Project Runway lyk absoluut fantasties in die video.

“Dit is waarlik ‘n droom wat waargeword het,” sê Klum. Sy het op Snoop Dogg se 50ste verjaarsdag in Oktober op haar Instagramblad gesê daar is iets wat kom.

Die snit is haar eerste musikale onderneming sedert haar vakansie-deuntjie, Wonderland in 2006, het CNN berig.

Klum het verduidelik dat die idee van die enkelsnit ontstaan ​​het ná die finale van Germany’s Next Top Model toe iemand voorgestel het sy voer die temalied vir die realiteitsprogram se volgende seisoen op, berig die Daily Mail.

Luister die liedjie hier:





 

Leave a Reply

Your email address will not be published.