Wat is volgens jou ’n goeie rede om na net een dag te wil skei? Een bruid het ’n dag na haar troue besluit om te skei.
Die anonieme vrou het aan The Mirror gesê sy wil na slegs ’n dag skei omdat haar man haar troudag heeltemal verwoes het deur haar voor hulle gaste te verneder.
‘n Bruid soek ‘n egskeiding minder as ‘n maand nadat sy die knoop deurgehak het, aangesien haar man haar troudag heeltemal vir haar bederf het.
Bruid wil nou skei
Hoe het hy haar verneder? Deur haar gesig in die troukoek te druk.
Die vrou het gesê die enigste “harde reël” wat sy voor die troue neergelê het, was dat sy nie wou hê haar man moet koek in haar gesig vryf by die onthaal nie, maar hy het haar kop gegryp en dit in die koek gedruk.
“Ek het net voor Kersfees getrou en hoop om teen die einde van Januarie geskei te wees” het die nuwe bruid gesê.



