Baba in eierboks in yskoue weer gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pasgebore baba is Vrydag in temperature van -20°C in Siberië gevind.

Volgens BBC News is die baba deur vyf tieners in ‘n eierboks op ‘n afgeleë pad naby die dorpie Sosnovka buite Novosibirsk gevind. Een van die tieners se ouers het die baba na ‘n hospitaal gehaas waar sy ondersoek en behandel is.

Volgens Russiese amptenare gaan dit goed met die baba wat op die oomblik in pleegsorg geplaas is terwyl owerhede na die biologiese ma en familielede soek.

‘n Saak van Poging tot moord saak is intussen teen die ma geopen.

Die pa van een van die tieners, Dmitri Litvinov, het aan die Russiese koerant NGS gesê die vyf vriende het gaan stap toe hulle op die boks afgekom het.

“Dit was reeds donker en die seuns het hul selfoonliggies gebruik om te kyk wat in die boks is.

Volgens Litvinov was die baba in die eierboks met ‘n kombers en bottel gevind.

Litivino en sy vrou het gevrees dat die baba, vermoedelik drie dae oud, vriesbrand opgedoen het en nie sou oorleef nie.

“Met ons aankoms by die hopsitaal het dokters haar warm gemaak waarna haar gelaat weer pienk geword het,” sê Litivino.

Die egpaar, wat reeds drie seuns het, hoop om die baba te kan aanneem, maar moet eers wag om te sien of enige familielede opgespoor word.

Volgens NGS sal die pleegouers verskeie dokumente moet verskaf asook kursusse ondergaan indien hulle in aanmerking vir aanneming wil kom.