Eskom waarsku: nog kragonderbrekings kan kom

Eskom waarsku die kragstelsel kan onder meer druk kom namate Koeberg-eenhede aflyn gaan.

Die uitgebreide onbeskikbaarheid van die Koeberg-kernkragstasie se eenhede 1 en 2 vanjaar weens beplande onderbrekings beteken die elektrisiteitstoevoerstelsel in die land kan onder bykomende druk kom, het Eskom Saterdag in ‘n verklaring gewaarsku.

Koeberg se eenheid 2 gaan van Maandag 17 Januarie af vir sowat vyf maande van lyn gaan. Eenheid 1 sal daarna vir ongeveer dieselfde tyd van lyn geneem word. Eskom sê hierdie tipe lang onderbrekings is nodig en sal ‘n eerste in sy soort vir Koeberg wees.

Eenheid 2 is as gevolg van ‘n roetine-hervulling en instandhoudingsonderbreking. Sy drie stoomopwekkers en die reaktordrukvatkop, wat die kernbrandstof huisves terwyl die stasie in werking is, sal ook vervang word.

‘n Onderbreking van Koeberg Eenheid 1 sal later vanjaar plaasvind. Die Koeberg-eenhede, teen 920MW elk, is volgens Eskom die grootste opwekkingseenhede op die vasteland van Afrika. Eskom sê hierdie tipe lang onderbrekings is nodig en sal ‘n eerste in sy soort vir Koeberg wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published.