Donald Trump wil 2024 weer president raak

Deel hierdie storie / Share this story

Donald Trump is nie van plan om te gaan lê nie. Hy het die naweek teruggekeer na die verkiesingsslagveld as die markiestentspreker by die Noord-Carolina Republikeinse Party se staatskonvensie.

Trump beplan om dié terugkeer op te volg met verskeie saamtrekke in Junie en Julie om sy unieke politieke ondersteunersbasis te behou. Dit kan hom dalk die opsie gee om in 2024 weer die presidentskap oor te neem.