Novak Djokovic mag speel

Deel hierdie storie / Share this story

’n Australiese regter het bevind dat Novak Djokovic, die internasionale tennisster, se kansellasie van sy visum onregmatig was.

Die regter het ook beveel dat hy onmiddellik uit “aanhouding” in ’n kwarantynhotel in Melbourne vrygelaat moet word.

Die minister van binnelandse sake moet ook die tennisster se regskoste betaal. Die Australiese Ope begin vandag en die finale word op 29 en 30 Januarie 2022 gespeel.