Nog ‘n Hollywood-ster dood in hotel aangetref

Deel hierdie storie / Share this story

Bob Saget, beter bekend as Danny Tanner van Full House en aanbieder van America’s Funniest Home Videos is Sondag dood in ’n hotelkamer in Florida aangetref.
Saget was in Florida as deel van sy komedietoer. Volgens die webblad Parade is die oorsaak van sy dood nog onbekend, maar geen vuilspel of gebruik van dwelms word vermoed nie.
Hotelpersoneel is ingeroep nadat Saget nie op telefoonoproepe van familie en vriende gereageer het nie. Die County Sheriff’s Office in Florida het sy dood bevestig.
Die oorsaak van sy dood kan nog nie bevestig word nie.
Find-it hou jou op hoogte.