‘n Britse tiener se oë was “toegeplak” nadat sy ‘n ernstige allergiese reaksie op ‘n Henna-kleurbehandeling vir wenkbroube by ‘n plaaslike salon in Colchester, in die Ooste van Engeland, gehad het.
Rhia Vikki West, ma van vyf, moes op Ouderkersaand haar 14-jarige dogter, Cheyanne, skaars 24 uur na sy wenkbrou- en wimpertint met henna gekry het hospitaal toe haas vir dringende mediese behandeling. Die meisie het ‘n hewige allergiese reaksie op die henna ontwikkel.
Cheyanne het Oukersaand saam met haar ma in die hospitaal deurgebring, waar sy met steroïede en pynmedikasie vir erge swelling behandel is. Sy is later huis toe gestuur waar haar toestand oornag versleg het.
Die tiener se keel en oë het so erg begin swel dat sy in ‘n stadium niks kon sien nie.
Op Kersdag het Rhia haar dogter teruggeneem na die noodafdeling, waar daar vir haar gesê is dat Cheyanne gelukkig is om te lewe en steeds te kan sien.
“Dit was absoluut aaklig,” het Cheyanne aan Jam Press gesê.
“Ek was baie opgewonde om my wimpers en wenkbroue met Henna te kleur. Ek het wakker geword en my hele gesig was geswel. Ek kon niks sien nie, ek was so bang en ontsteld. Die dokters het vir my gesê ek kon my sig verloor het en dat ek kon doodgaan. Dit was ‘n aaklige ervaring. Ek het geskree van die pyn.”
Cheyanne het vir die grootste deel van Kersdag in die hospitaal gebly voordat sy huis toe gestuur is om te herstel.
Sy het sedertdien pynlike blase op haar wenkbroue ontwikkel en die wenkbrouhare het begin uitval.
Cheyanne se grootste vrees is dat dit nooit weer sal teruggroei nie.
“Ek begin al beter voel, maar my wenkbrou-area pyn nog baie en die hare bly uitval. Ek het ook nog baie blase wat voel of dit heeltyd spring”
Die ervaring het die gesin se Kersplanne in die wiele gery met Cheyanne in die hopsitaal en twee ander kinders van die gesin wat Covid-19 gehad het en in aparte slaapkamers afgesonder was.
Cheyanne sal vir ‘n lang ruk nie grimering kan dra nie.
“Die saloneienaar het my probeer bel vir toestemming, maar ek het nie geantwoord nie, waarna sy Cheyanne se ouma gebel en toe voortgegaan het met die behandeling.
“Ek het vir hulle gesê sy het ’n reaksie gehad – dit was voordat dit regtig erg geword het. Hulle het ons intussen terugbetaal en ’n gratis behandeling aangebied. Die saloneienaar het ons onophoudelik gekontak om te hoor hoe dit met Cheyanne gaan,” sê Rhia
“Ek wil ander ouers waarsku. Herinner jou kinders daaraan dat hulle reeds mooi genoeg is en nie behandelings soos hierdie nodig het nie. Die hartverskeurende ding is dat ek my dogter kon verloor het oor so iets. Ek besef vandag dat ek dit nie moes toegelaat het nie. Sy is 14 jaar oud en het dit nie nodig gehad nie.”



