Realiteitsprogram Boer soek ‘n vrou is terug

Deel hierdie storie / Share this story

Die immergewilde realiteitsprogram, Boer soek ‘n vrou se 14de seisoen skop Donderdagaand 13 Januarie om 20:00 op KykNet af.

Marciel Hopkins is vir die tweede agtereenvolgende jaar die aanbieder van die maatsoekreeks waarin nege boere en een boerin weer die geleentheid kry om liefde te soek en hul moontlike pasmaats te ontmoet.

Na die wegholsukses van dié realiteitsprogram se seisoen 13, waarna daar vier verlowings was, hoop Hopkins dat dié seisoen net so suksesvol sal wees.

Boer PF, Albert, Dean en Bruwer het almal hul pasmaats op dié realiteitsprogram gevind.

Die 10 boere is op 11 Julie 2021 aan Suid-Afrika bekendgestel en die inskrywings was tot 29 Julie 2021 oop vir enigiemand wat aan een van die boere wat hul harte vinniger laat klop, ‘n brief te skryf.

Ontmoet die 10 boere wat aan vanjaar se seisoen deelneem:

Nelis, 32

Veeboerdery

Johan, 28

Vee- en saaiboerdery

Hannis, 23

Vee- en saaiboerdery

Willem, 37

Skaap- en beesboerdery

Tyson, 33

Saai- en beesboerdery

Albertus, 38

Skaapboerdery

Gerhard, 30

Skaap- en wildboerdery

Mary-Lou, 53

Wingerdboerdery

Carel, 29

Skaap-en beesboerdery

Petré, 25

Gemengde boerdery