Man en kind in ongeluk dood

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man en ’n kind is Woensdagaand in ’n motorongeluk dood en twee ander is beseer toe hulle motor in ‘n muur vasgery en by die Wetton-en-Rosmead-kruising in Wetton, Wes-Kaap, gerol het.

ER24, Metro Redding, Wes-Kaap Brandweer en ander dienste het omstreeks 19:25 op die toneel opgedaag.

Nooddienste het ’n ligte motorvoertuig regop op die middellyn in die pad gevind. ’n Man was agter in die motor vasgekeer, terwyl ’n ander man en twee seuns, vermoedelik agt en nege jaar oud, buite die motor gevind is.

Man en kind dood

Medici het die passasiers ondersoek en gevind dat die man in die motor reeds aan sy talle beserings beswyk het. Een seun was in ’n kritieke toestand, terwyl die ander in ’n ernstige toestand was. Die tweede man het slegs matige beserings opgedoen.

Paramedici het die passasiers behandel. Ten spyte van die beste pogings van die paramedici het die kritiek beseerde seun aan sy beserings beswyk.

Die twee oorblywende passasiers is later na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.

Die besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.