’n Swanger man het geboorte aan ’n babadogtertjie gegee nadat hy swanger geraak het terwyl hy besig was om ’n geslagsverandering te ondergaan. Hy noem homself nou ’n “seeperd-ouer”.
“Seeperd-ouer” is ’n term wat gebruik word om ’n swangerskapouer te beskryf wat transgender of nie-binêr is. Die term kom van seeperdjies, waarvan die mannetjie hul kleintjies dra en baar.
Ash Patrick Schade (28) het aan The Mirror vertel hy was vir twee jaar lank besig om ’n geslagsverandering te ondergaan voordat hy in Februarie 2020 uitgevind het hy is swanger.
Man word swanger
Hy het testosteroon- en estrogeenblokkeerders geneem en gedink dit sou ’n swangerskap voorkom. Nadat hy uitgevind het hy is swanger, het hy dadelik behandeling gestop om sy dogter, Ronan Shiva, nou een, te dra.
Die geestesgesondheidswerker en PHD-student van Huntington, Wes-Virginië, VSA, is nou mede-ouer vir Ronan saam met sy man, Jordan (28), wat ‘n voltydse tuisbly-stiefpa is.



