Volgens die jongste verslag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes was daar op 6 Januarie 9 860 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika, wat die totale aantal laboratoriumbevestigde gevalle op 3 504 554 te staan bring.
Hierdie toename verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 21.0%.
21 441 211 toetse is in beide die openbare en private sektore uitgevoer.
Die meerderheid nuwe gevalle was in die Wes-Kaap (27%), gevolg deur Gauteng (22%).
Kwa-Zulu Natal was verantwoordelik vir 21%; Oos-Kaap 11%; Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Noord-Kaap het elk onderskeidelik 4% uitgemaak en Limpopo die minste met slegs 3%.



